OUR STORY
In April 2020 tydens die wêreldwye pandemie, het ek Juffrou Ontwerp gestig nadat ek met ñ hartsvriendin van my gesels het oor my ongelukkigheid by my vorige werk.
Sy is ñ onderwyseres en het vir my die idee gegee om verpersoonlikte skryfbehoeftes aan onderwysers te voorsien.
Ek het begin om plakkers te ontwerp en te verkoop en het van daar af uitgebrei deur juffrou dagboeke en stempels te verkoop.
In 4 jaar het ons baie gegroei, en dit te danke aan al ons wonderlike kliënte wat ons van dag 1 af ondersteun het.
Tydens die 4 jaar het my besigheid geweldig baie uitgebrei. Ek het baie lang ure gewerk om hierdie droom van my ñ realiteit te maak. Ons het nou meer as 40 verskillende verpersoonlikte produkte wat ons verkoop.
Charné van Heerden
Al die harde werk was die moeite werd want dis my passie om elke kliënt se smaak met ontwerp en keuses te vervolmaak.
Dit is baie lekker om die eindproduk te sien en te sien hoe elke kliënt se persoonlikheid deur die eindproduk weerspieël word.
Hier by Juffrou Ontwerp streef ons om goeie gehalte produkte te lewer aan besighede, onderwysers en skole.